|
VELE 'HANDE' VAN STIHL MAAK LIGTE WERK |
'n Vindingryke sewe-in-een oplossing vir tuinonderhoud is deur die Duitse kraggereedskapvervaardiger STIHL bekend gestel. Die STIHL MultiStelsel MM 55 bestaan uit 'n aandryfeenheid waarop sewe bybehore pas en is ontwerp vir 'n verskeidenheid take van die versorging van grasperke en basiese grondbewerking tot die skoonmaak van paadjies en patio's.
Die STIHL MultiStelsel MM 55 is veelsydig, robuust en maklik om te hanteer. Dit plaas 'n professionele vlak van tuinonderhoud binne die bereik van die ernstige tuinier.
Die sewe bybehore is maklik verwisselbaar en opsioneel. Tuiniers koop een aandryfeenheid en pas dit aan met gereedskap van hul eie keuse. So kan die basiese eenheid omskep word in 'n grondbelugter, grasperkbelugter, kantsnyer, pikskaar, skaarploeg, besem en kragbesem.
Die hart van die MultiStelsel MM 55 is STIHL se betroubare, kragtige tweeslagenjin, wat ontwerp is vir 'n lang lewe en maklike operasie. Dit het 'n skokbestande, duursame polimeeromhulsel waarin die vonkprop geïntegreer is. Die raam vou maklik op en kan dus sonder probleme gedra, vervoer of gestoor word.
Die volledige lys bybehore en toepassings is soos volg: - 'n Grondbelugter, wat eweredig deur die grasoppervlak dring sonder om die grasperk te beskadig. Dit laat lug deur en help water en voedingstowwe om die grond te bereik
- 'n Grasperkbelugter, wat dooie gras verwyder en swamvorming voorkom in gematte gras.
- 'n Kantsnyer, wat langs paadjies en opritte en rondom struike en blombeddings gebruik word om rante te sny.
- 'n Pikskaar, wat harde grond opbreek voor die vestiging van nuwe blom- of groentebeddings.
- 'n Skaarploeg, wat oppervlakkige bewerking moontlik maak en nie plantwortels beskadig nie. Dit word gebruik vir die voorbereiding van beddings en om grond tussen losstaande plante los te maak.
- 'n Besem, wat gebruik word om paadjies en patio's skoon te hou. Dit werk ewe goed nat en droog, en is geskik vir ongelyke plaveisel.
- 'n Kragbesem, wat gebruik word om vuilgoed, sand en gruis van geplaveide areas te verwyder en blare op grasperke op te vee.
Geen bykomende gereedskap is nodig om dié sewe bybehore te pas of te verwyder nie.
"Omdat al sewe bybehore een aandryfeenheid gebruik, is die STIHL MultiStelsel MM 55 teen 'n baie mededingende prys beskikbaar," sê Hayden Hutton, nasionale verkoopsbestuurder van STIHL SA. "Dit bespaar ook op stoorspasie aangesien daar nie meer voorsiening gemaak hoef te word vir sewe afsonderlike, volledige eenhede nie." |
|  | | Die grondbelugter |
 | | Die grondbelugter |
 | | Die grasperkbelugter |
 | | Die kantsnyer |
 | | Die pikskaar |
 | | Die skaarploeg |
 | | Die kragbesem |
 | | Die besem |
|
|